Visie, Missie oortuigings en waardes

Visie:

Die leerders en personeel van Anne Pienaar Gedenk Primêr sal hul beywer om in ‘n gemeenskaplike gees van kennis, vertroue en gesag saam te werk om die optimale doelwitte in ons daaglikse onderrig en leer te bereik.  Die uitkomste hiervan sal tot voordeel wees van elke leerder sowel as ons strewe na uitnemendheid.

 

Missie:

Om die leerders van Anne Pienaar Gedenk Primêr op ‘n effektiewe en holistiese manier by die leerproses te betrek.  Sodoende versker ons goed afgeronde en verantwoordelike individue vir die gemeenskap en ons land.

 

Oortuigings en waardes:

Ons by Anne Pienaar Gedenk Primêr glo in die ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal en talente deur die daarstelling van ‘n platform wat bevorderlik is daarvoor.  Ons glo dat die insluiting van die ouers/voogde in ons strewe na gehalte onderrig, van kardinale belang is.  Ons glo ook dat ‘n konstante klimaat wat bevorderlik is vir leer en onderrig, moet heers by ons skool.

 

Ses pilare om betekenis aan ons oortuigings en waardes te gee:

betroubaarheid

respek

verantwoordelikheid

regverdigheid

omgee

burgerskap